Monday, 2 September 2013

Jou Eie Reënboog...

Omdat dit winter is en ons moet saam met die ys koue weer lewe, sal ek op die mooiste ding van winter fokus en dit is reënboë.

Reënboë naels is die beste manier om 'n mens gelukkig te laat voel veral as grys en sopnat is.

Ek gaan vir jou jou sê hoe om jou naels so pragtig en kleurvol te maak. eerstens verf jy jou naels met sneeuwit naelverf. Dan gebruik 'n plastiek bord en sit goudgeel, grasgroen, potblou, bloedrooi, pers en pienk naelverf langs mekaar in strepe. Met 'n tandestokkie meng die reënboog kleure by mekaar. Vat nou 'n spons en druk die spons op al die reëenboog kleure en dan verf jy dit op jou naels.

Al wat nou nodig is, is om die kante van jou naels silwerskoon te maak. Nou sal jy die mooi en lewende kleure van die reVenboog altyd op jou naels hê, alhoewel jy so nat soos 'n kat wees van al die reën buite. Dit is so maklik soos pyp opsteek om jou naels so te maak. Jou naels sal so glad soos seep wees, wanneer jy klaar is.

Ek hoop dat die reënboog naels jou gelukkig te laat voel.
Geniet dit! :)

1 comment:

  1. Enkele opmerkings:

    1. Reënboë naels - Reënboognaels
    2. veral as grys en..- veral as dit grys en...
    3. so nat soos 'n kat wees - so nat soos 'n kat sal wees
    4. Jou skryfstuk was 'n bietjie meer opvoedkundig as beskrywend.

    ReplyDelete